1 KORINTIËRS 5:6
1 KORINTIËRS 5:6 Bybel vir almal (ABA)
Julle dink julle is beter as ander mense, en dit is nie mooi nie. Julle weet goed dat 'n bietjie suurdeeg al die deeg suur maak.
1 KORINTIËRS 5:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat 'n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?
1 KORINTIËRS 5:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle selfverheffing is nie mooi nie. Weet julle nie dat 'n bietjie suurdeeg die hele deeg deurtrek nie?
1 KORINTIËRS 5:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle grootpratery is nie mooi nie. Weet julle dan nie dat 'n klein bietjie suurdeeg die hele mengsel deursuur nie?
1 KORINTIËRS 5:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jou roem is nie goed nie. Weet julle nie dat 'n bietjie suurdeeg die hele deeg deursuur nie?
1 KORINTIËRS 5:6 Die Boodskap (DB)
Ek haat dit as julle so grootpraat oor julle Christenskap. Laat ek vir julle met ’n voorbeeld verduidelik wat ek bedoel. Julle weet mos hoe suurdeeg werk. ’n Mens sit ’n klein stukkie suurdeeg in ’n groot bak deeg en dan trek daardie bietjie suurdeeg deur al die deeg en laat dit mooi rys. So is dit met sonde. ’n Klein bietjie sonde in die gemeente krap die hele gemeente deurmekaar.
1 KORINTIËRS 5:6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dis erg dat julle nog oor julle spiritualiteit kan spog terwyl julle iets soos hierdie in julle midde toelaat. Besef julle nie dat as selfs net een persoon toegelaat word om so voort te gaan, almal binnekort aangetas sal wees nie, soos suurdeeg die hele deeg suur maak?