1 KORINTIËRS 5:4
1 KORINTIËRS 5:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Al was ek nie self daar saam met julle nie, is ek tog in die gees by julle en het ek, asof ek teenwoordig is, al klaar in die Naam van ons Here Jesus ’n oordeel uitgespreek oor die man wat so iets gedoen het. Julle moet ’n gemeentevergadering saamroep. Ek sal in die gees daar wees en die krag van ons Here Jesus sal ook saam met julle daar wees.
1 KORINTIËRS 5:4 Bybel vir almal (ABA)
Julle is die gemeente wat aan ons Here Jesus behoort, en wanneer julle vergadering hou, dan moet julle weet dat ek ook daar by julle is. Ons Here Jesus sal ook daar wees. Hy het baie krag en Hy sal sy krag vir julle gee.
1 KORINTIËRS 5:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
in die Naam van onse Here Jesus Christus, as julle vergader het en my gees saam met die krag van onse Here Jesus Christus
1 KORINTIËRS 5:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat my betref, al was ek nie persoonlik by julle nie, was ek tog in die gees daar. Asof ek werklik daar was, het ek oor die man wat so iets gedoen het, reeds in die Naam van ons Here Jesus tot 'n besluit gekom. Julle daar, en ek in die gees teenwoordig, saam met die krag van ons Here Jesus, het vergader om hierdie man aan die Satan oor te gee.
1 KORINTIËRS 5:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wanneer julle in die Naam van ons Here Jesus vergader, en ek in die gees teenwoordig is, gee dan, met die krag van ons Here Jesus, só 'n mens oor aan Satan om sy sondige aard te vernietig, sodat sy gees op die dag van die Here verlos mag word.
1 KORINTIËRS 5:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In die Naam van onse Here Jesus Christus, wanneer julle vergader is, en my gees, met die krag van onse Here Jesus Christus
1 KORINTIËRS 5:3-4 Die Boodskap (DB)
Hoewel ek nie self daar is nie, is ek in my gedagtes by julle. Ek het mooi nagedink wat ek met sulke mense sou doen as ek daar was. Hulle kan nie so aangaan nie. Kom bymekaar as gemeente wat onder die gesag van die Here Jesus staan. Ek sal in my gedagtes ook daar by julle wees. Die Here Jesus sal vir julle die krag gee om te doen wat reg is.