1 KORINTIËRS 5:2
1 KORINTIËRS 5:2 Bybel vir almal (ABA)
En julle dink nog altyd julle is beter as ander mense. As julle jammer was oor hierdie sonde, dan was dit beter. Dan sou julle gesê het die man wat hierdie ding doen, mag nie meer aan julle gemeente behoort nie.
1 KORINTIËRS 5:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit.
1 KORINTIËRS 5:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
En dan verbeel julle julle nog julle is beter as ander. Moes julle nie liewer daaroor getreur het nie? So sou julle die man wat so iets gedoen het, uit julle kring verwyder het.
1 KORINTIËRS 5:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Tog is julle steeds hoogmoedig! Moes julle nie eerder treur, en toesien dat hy wat hierdie daad gepleeg het, uit julle midde verwyder word nie?
1 KORINTIËRS 5:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En julle is opgeblase en het nie eerder getreur nie, dat hy wat hierdie daad gedoen het, onder julle weggeneem sou word.