1 KORINTIËRS 16:19
1 KORINTIËRS 16:19 Bybel vir almal (ABA)
Die gemeentes in Asië stuur groete vir julle. Akwila en Priska stuur ook groete. Die gelowiges wat altyd in hulle huis bymekaarkom, stuur ook groete. Hulle stuur baie vriendelike groete omdat julle en hulle almal aan die Here behoort.
1 KORINTIËRS 16:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die gemeentes van Asië groet julle. Áquila en Priscílla saam met die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die Here.
1 KORINTIËRS 16:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die gemeentes van die provinsie Asië stuur vir julle groete. Van Akwila en Priscilla en ook van die gemeente wat gereeld in hulle huis bymekaarkom: baie groete in die Here.
1 KORINTIËRS 16:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die •gemeentes in Asië groet julle. Akwila en Priska, en die gemeente wat in hulle huis bymekaarkom, stuur vir julle baie groete in die Here.
1 KORINTIËRS 16:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die gemeentes van Asië groet julle. Aquila en Priscilla groet julle baie in die Here, saam met die gemeente wat in hulle huis is.