1 KORINTIËRS 14:7
1 KORINTIËRS 14:7 Bybel vir almal (ABA)
Dit is dieselfde met musiek-instrumente, dinge wat nie lewe nie. Dink aan 'n fluit of 'n harp. As iemand nie 'n fluit reg blaas nie of hy speel nie reg op 'n harp nie, dan sal 'n mens nie weet watter musiek dit is nie.
1 KORINTIËRS 14:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Net soos met lewelose dinge wat 'n klank gee, 'n fluit of 'n siter, as hulle nie 'n onderskeid in toon laat hoor nie, hoe sal 'n mens weet wat op die fluit of siter gespeel word?
1 KORINTIËRS 14:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is net soos met lewelose instrumente wat 'n klank afgee, soos 'n fluit of 'n siter. As daar nie klankverskille is nie, hoe sal 'n mens weet wat op die fluit of die siter gespeel word?
1 KORINTIËRS 14:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit sal wees soos lewelose dinge wat klank voortbring, 'n fluit of 'n lier. As dit nie onderskeibare klanke voortbring nie, hoe sal 'n mens weet wat op die fluit of die lier gespeel word?
1 KORINTIËRS 14:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ook dinge sonder lewendmakende klank, of dit nou fluit of siter is, as dit nie 'n onderskeid in die klanke gee nie, hoe sal dit bekend wees wat op fluit of op siter gespel word?