1 KORINTIËRS 12:24
1 KORINTIËRS 12:24 Bybel vir almal (ABA)
Maar daar is dele waarvoor ons nie skaam is nie, ons maak dit nie toe met mooi klere nie. Daar is dele van die liggaam wat vir ons minder belangrik lyk, maar God het die liggaam so gemaak dat daardie dele belangriker is.
1 KORINTIËRS 12:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee
1 KORINTIËRS 12:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
terwyl die aantreklike dele dit nie nodig het nie. God het die liggaam so saamgestel dat Hy groter eer gegee het aan die lid wat eer kortkom
1 KORINTIËRS 12:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
terwyl ons meer elegante dele dit nie nodig het nie. Maar God het die liggaam so saamgestel, dat Hy meer respek toegewys het aan die deel wat dit die meeste nodig het
1 KORINTIËRS 12:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ons pragtige dele het nie nodig nie, maar God het die liggaam getemper deurdat Hy die deel wat ontbreek het, oorvloediger eer gegee het.
1 KORINTIËRS 12:24 Die Boodskap (DB)
Aan ander dele van die liggaam waaroor ons nie skaam voel nie, gee ons ook nie so baie aandag nie. God het die liggaam juis so aanmekaargesit. Hy sorg daarvoor dat die dele wat dit nodig het, juis met meer respek behandel word.