1 KORINTIËRS 11:8-9
1 KORINTIËRS 11:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Want God het die man nie uit die vrou gemaak nie, Hy het die vrou uit die man gemaak. En God het die vrou gemaak om die man te help, Hy het nie die man gemaak om die vrou te help nie.
1 KORINTIËRS 11:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die man is nie uit die vrou nie, maar die vrou uit die man. Want die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man.
1 KORINTIËRS 11:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die man is nie uit die vrou geneem nie, maar die vrou uit die man. Die man is ook nie ter wille van die vrou geskep nie, maar die vrou ter wille van die man.
1 KORINTIËRS 11:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want die man is nie uit die vrou geneem nie, maar die vrou uit die man; en die man is nie ter wille van die vrou geskep nie, maar die vrou ter wille van die man.
1 KORINTIËRS 11:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die man is nie van die vrou nie; maar die vrou van die man. Die man is ook nie vir die vrou geskape nie; maar die vrou vir die man.