1 KORINTIËRS 11:27-32
1 KORINTIËRS 11:27-32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here. Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink. Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink 'n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie. Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en 'n aantal het ontslaap. Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie. Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.
1 KORINTIËRS 11:27-32 Bybel vir almal (ABA)
Daarom, as iemand nie op die regte manier die brood van die Here eet of die wyn van die Here drink nie, dan is hy so skuldig soos die mense wat vir die Here doodgemaak het. Elkeen moet eers vir homself ernstig vra of hy verstaan wat die nagmaal beteken en of hy reg lewe. En as hy dink dat hy dit verstaan en dat hy reg lewe, dan mag hy van die brood eet en uit die beker drink. Die gemeente is die liggaam van die Here. As jy dit nie verstaan nie, dan eet en drink jy verkeerd by die nagmaal. En dan sal die Here jou straf. Daarom is daar baie van julle wat swak en siek is, en daarom het baie mense ook gesterf. Ons moet eers vir onsself ernstig vra of ons verstaan wat die nagmaal beteken en of ons reg lewe. As julle dit gedoen het, dan het die Here julle nie gestraf nie. Maar as die Here ons straf, dan doen Hy dit soos 'n pa wat sy kinders straf. Hy wil ons nie saam met die mense van die wêreld straf nie.
1 KORINTIËRS 11:27-32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here. Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink. Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink 'n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie. Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en 'n aantal het ontslaap. Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie. Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.
1 KORINTIËRS 11:27-32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elkeen wat op 'n ongepaste wyse van die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan sonde teen die liggaam en die bloed van die Here. Maar elkeen moet eers homself ondersoek voor hy van die brood eet en uit die beker drink, want hy wat eet en drink sonder om te besef dat dit die liggaam van die Here is, bring daardeur 'n oordeel oor homself. Daarom is daar baie swakkes en sieklikes onder julle en sterf daar baie van julle. As ons onsself vooraf reg ondersoek het, sou ons nie onder die oordeel gekom het nie. Maar nou word ons deur die Here geoordeel en getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel sal word nie.
1 KORINTIËRS 11:27-32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, wie op onwaardige wyse die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal skuldig wees teenoor die liggaam en die bloed van die Here. Maar laat elkeen homself ondersoek, en daarvolgens van die brood eet en uit die beker drink. Want die een wat eet en drink sonder om die liggaam van die Here daarin te onderskei, is besig om 'n oordeel oor homself te eet en te drink. Daarom is daar onder julle baie swakkes en siekes, en 'n hele paar het reeds ontslaap. Indien ons onsself deeglik sou beoordeel, sou ons nie geoordeel word nie. As ons deur die Here geoordeel word, word ons gedissiplineer, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel sal word nie.
1 KORINTIËRS 11:27-32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, elkeen wat hierdie brood eet en hierdie beker van die Here drink, onwaardig, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here. Maar laat iemand homself ondersoek en so van daardie brood eet en uit daardie beker drink. Want hy wat op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink 'n oordeel oor homself, sonder om die liggaam van die Here te onderskei. Daarom is baie swakkes en siekes onder julle, en baie slaap. Want as ons onsself sou oordeel, sou ons nie geoordeel word nie. Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.
1 KORINTIËRS 11:27-32 Die Boodskap (DB)
Dit beteken dat ’n mens nie sommer skouerophalend die nagmaal kan eet asof dit niks is nie. As jy dit op so ’n traak-my-nieagtige manier doen, is jy amper net soos daardie mense wat vir Jesus geslaan en gespot het toe Hy gekruisig is. Hulle het nie besef wat die dood van Jesus regtig vir mense beteken nie. Wil jy regtig soos hulle wees? Sekerlik nie. Kyk dan diep in jouself en soek na die redes hoekom jy die nagmaal eet. Toets jou gesindheid voor jy van die brood en die wyn vat. As jy die nagmaal gebruik, maar jy gee nie om vir wat die brood en wyn beteken nie, kan dit ernstige gevolge vir jou hê. Jy gee die Here dan alle rede om jou te straf. Wil julle ’n bewys hiervoor hê? Kyk net hoeveel van julle het nie meer behoorlik krag om uit die bed op te staan nie en ly aan allerhande siektes. Party is selfs al dood. Wees dus liewer strenger met julleself en maak mooi seker dat julle die nagmaal eet soos die Here dit bedoel het. Wie dit met die regte gesindheid doen, sal die Here geen rede gee om hom te straf nie. Die Here wys nou liewer vir ons dat Hy met ons ongelukkig is as ons verkeerde dinge doen. Deur slegte dinge met ons te laat gebeur help Hy ons ook reg sodat ons nie eendag dieselfde paadjie sal loop as die wêreld wat nie in Hom glo nie. Die Here gaan hulle almal met die finale oordeel hard straf.
1 KORINTIËRS 11:27-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As enigiemand dan op ’n onwaardige manier van die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal daardie persoon skuldig wees aan sonde teen die liggaam en die bloed van die Here. Dit is waarom julle julleself moet ondersoek voordat julle van die brood eet en uit die beker drink. Want as julle van die brood eet en uit die beker drink, eet en drink julle ’n oordeel oor julleself as julle nie die nodige respek teenoor Christus se liggaam betoon nie. Dit is waarom daar baie swakkes en siekes onder julle is, en heelwat onder julle reeds oorlede is. As ons onsself egter vooraf ondersoek, sal ons nie onder God se oordeel kom nie. Maar selfs as ons God se oordeel en dissipline moet verduur, sal ons nie saam met die wêreld veroordeel word nie.