1 KORINTIËRS 11:19
1 KORINTIËRS 11:19 Bybel vir almal (ABA)
Miskien is dit goed dat daar groepe is by julle, want nou kan 'n mens sien wie behoort regtig aan Christus en wie behoort nie aan Hom nie.
1 KORINTIËRS 11:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want daar moet ook partyskappe onder julle wees, sodat die beproefdes onder julle openbaar kan word.
1 KORINTIËRS 11:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar moet trouens partyskappe onder julle wees sodat dit bekend kan word wie van julle die toets kan deurstaan.
1 KORINTIËRS 11:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
want daar moet onvermydelik groeperings onder julle kom, sodat dit duidelik kan word wie die beproefdes onder julle is.
1 KORINTIËRS 11:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want daar moet ook dwaalleer onder julle wees, sodat die wat goedgekeur is, onder julle openbaar kan word.