1 KORINTIËRS 1:8-9 - Compare All Versions
1 KORINTIËRS 1:8-9 ABA (Bybel vir almal)
God sal julle vas laat glo tot die einde. Niemand sal julle kan beskuldig op die dag wanneer ons Here Jesus Christus weer kom nie. God sal doen wat Hy belowe het. Hy het julle gekies om saam met sy Seun, ons Here Jesus Christus, te wees.
1 KORINTIËRS 1:8-9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, om in die dag van onse Here Jesus Christus onberispelik te wees. God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.
1 KORINTIËRS 1:8-9 AFR83 (Afrikaans 1983)
Dit is Hy wat julle ook end-uit sal laat vas staan, sodat daar geen aanklag teen julle sal wees op die dag dat ons Here Jesus Christus kom nie. God is getrou, Hy wat julle geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here.
1 KORINTIËRS 1:8-9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy sal julle ook tot aan die einde standvastig maak, sodat julle sonder blaam sal wees op die dag van ons Here Jesus Christus. God is getrou, deur wie julle geroep is tot verbondenheid met sy Seun, Jesus Christus, ons Here.
1 KORINTIËRS 1:8-9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat julle ook tot die einde toe sal bevestig, sodat julle onberispelik kan wees op die dag van onse Here Jesus Christus. God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap van sy Seun, Jesus Christus, onse Here.
1 KORINTIËRS 1:8-9 DB (Die Boodskap)
Hy sal julle enduit gee wat julle moet hê. Julle kan God vertrou, want Hy doen altyd wat Hy beloof. Hy self het julle uitgenooi om Jesus Christus, ons Here, se goeie vriende te word.
1 KORINTIËRS 1:8-9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hy sal julle enduit vas laat staan sodat, op die groot dag wanneer ons Here Jesus Christus terugkom, geen vinger na julle gewys sal kan word nie. God sal dit beslis vir julle doen, want Hy hou altyd by sy woord. Dit is tog Hý wat julle geroep het om in hierdie wonderlike persoonlike verhouding met sy Seun, Jesus Christus ons Here, te deel.