1 KRONIEKE 6:49
1 KRONIEKE 6:49 Bybel vir almal (ABA)
Aäron en sy seuns moes die hoog-gewyde werk doen, hulle moes die offers aan die brand steek op die brandoffer-altaar en op die wierook-altaar. Hulle moes versoening doen vir die sondes van die Israeliete. Moses die dienaar van God het gesê wat hulle alles moet doen.
1 KRONIEKE 6:49 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Aäron en sy seuns het offerrook laat opgaan op die brandofferaltaar en op die reukofferaltaar, vir al die werk in die Allerheiligste en om versoening te doen vir Israel, net soos Moses, die kneg van God, beveel het.
1 KRONIEKE 6:49 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aäron en sy seuns alleen het egter die offerdiens waargeneem by die brandofferaltaar en die wierookaltaar, die diens by die besondere gewyde offers. So het hulle versoening vir Israel gedoen in ooreenstemming met alles wat Moses, die dienaar van God, beveel het.
1 KRONIEKE 6:49 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
maar Aäron en sy nageslag, wat die offers op die brandofferaltaar en op die altaar vir die reukwerk verbrand het, is aangestel vir al die werk met die allerheiligste voorwerpe, en om vir Israel versoening te doen net soos Moses, die dienskneg van God, beveel het.
1 KRONIEKE 6:49 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Aäron en sy seuns het op die brandofferaltaar en op die reukaltaar geoffer, en hulle was bestem vir al die werk van die hoogheilige plek en om versoening te doen vir Israel volgens alles wat Moses, die dienaar van God het beveel.
1 KRONIEKE 6:49 Die Boodskap (DB)
Slegs Aäron en sy seuns het egter as priesters opgetree. Net hulle kon diere by die altaar offer waar diere verbrand is en by die altaar waar wierook gebrand is. Hulle het ook die take verrig wat met die Allerheiligste deel van die tempel te doen gehad het. Hulle het die verhouding tussen Israel en God herstel volgens al die reëls wat Moses, God se werker, gemaak het.
1 KRONIEKE 6:49 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Net Aäron en sy afstammelinge het as priesters gewerk. Hulle het die offers op die brandofferaltaar en die wierookaltaar aangebied, en al die ander werk in die Allerheiligste gedoen. So het hulle Israel met God versoen deur al die bevele te volg wat Moses, die kneg van God, gegee het.