1 Kronieke 6

6
Nageslag van Levi
1 Levi se seuns was Gerson, Kehat en Merari.
2Kehat se seuns was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.
3 Amram se kinders was Aäron, Moses en Mirjam.
Aäron se seuns was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.
4 Eleasar het Pinehas verwek;
Pinehas het Abisua verwek;
5Abisua het Bukki verwek;
Bukki het Ussi verwek;
6 Ussi het Seragja verwek;
Seragja het Merajot verwek;
7Merajot het Amarja verwek;
Amarja het Agitub verwek;
8Agitub het Sadok verwek;
Sadok het Agimaäs verwek;
9Agimaäs het Asarja verwek;
Asarja het Joganan verwek;
10en Joganan het Asarja verwek – dit is hy wat priester was in die •tempel wat Salomo in Jerusalem gebou het –
11Asarja het Amarja verwek;
Amarja het Agitub verwek;
12Agitub het Sadok verwek;
Sadok het Sallum verwek;
13Sallum het Gilkija verwek;
Gilkija het Asarja verwek;
14Asarja het Seraja verwek;
en Seraja het Josadak verwek.
15Josadak het saamgegaan toe die Here Juda en Jerusalem deur die hand van Nebukadnesar in ballingskap laat wegvoer het.
16 Levi se seuns was Gersom, Kehat en Merari,
17en dit is die name van Gersom se seuns: Libni en Simi.
18Kehat se seuns was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.
19Merari se seuns was Magli en Musi.
Dit is die familiegroepe van die Leviete volgens hulle voorvaders:
20Wat Gersom betref, sy nageslag was sy seun Libni, dié se seun Jagat, dié se seun Simma, 21dié se seun Joag, dié se seun Iddo, dié se seun Serag, en dié se seun Jeatrai.
22Kehat se nageslag was sy seun Amminadab, dié se seun Korag, dié se seun Assir, 23dié se seun Elkana, dié se seun Ebjasaf, dié se seun Assir, 24dié se seun Tagat, dié se seun Uriël, dié se seun Ussia, en dié se seun Saul.
25Elkana se seuns was Amasai, Agimot, 26en Elkana.
Elkana se seuns was sy seun Sofai, dié se seun Nagat, 27dié se seun Eliab, dié se seun Jerogam, en dié se seun Elkana.
28Samuel se seuns was Joël, die eersgeborene, en Abia was die tweede.
29Merari se nageslag was Magli, dié se seun Libni, dié se seun Simi, dié se seun Ussa, 30dié se seun Sima, dié se seun Gaggija, en dié se seun Asaja.
Tempelsangers
31 Dit is die mense wat deur Dawid in beheer geplaas is van die sang in die huis van die Here, vandat dit die rusplek van die ark was. 32Hulle het met sang diens gedoen voor die heiligdom, die Tent van Ontmoeting, totdat Salomo die huis van die Here in Jerusalem gebou het. Hulle het hulle dienswerk verrig soos vir hulle voorgeskryf is. 33Hier volg hulle wat dienswerk verrig het, asook hulle nageslagte:
Uit die nageslag van Kehat was daar Heman, die tempelsanger, seun van Joël, seun van Samuel, 34seun van Elkana, seun van Jerogam, seun van Eliël, seun van Toag, 35seun van Suf, seun van Elkana, seun van Magat, seun van Amasai, 36seun van Elkana, seun van Joël, seun van Asarja, seun van Sefanja, 37seun van Tagat, seun van Assir, seun van Ebjasaf, seun van Korag, 38seun van Jishar, seun van Kehat, seun van Levi, seun van Israel.
39Sy stamgenoot Asaf is die een wat aan sy regterkant gestaan het. Asaf was die seun van Beregja, seun van Sima, 40seun van Migael, seun van Baäseja, seun van Malkija, 41seun van Etni, seun van Serag, seun van Adaja, 42seun van Etan, seun van Simma, seun van Simi, 43seun van Jagat, seun van Gersom, seun van Levi.
44Die nageslag van Merari, hulle stamgenote, was aan die linkerkant: Etan, seun van Kisi, seun van Abdi, seun van Mallug, 45seun van Gasabja, seun van Amasia, seun van Gilkija, 46seun van Amsi, seun van Bani, seun van Semer, 47seun van Magli, seun van Musi, seun van Merari, seun van Levi.
Nageslag van Aäron
48Hulle Levitiese stamgenote is aangestel vir al die dienswerk by die heiligdom, die huis van God, 49maar Aäron en sy nageslag, wat die offers op die brandofferaltaar en op die altaar vir die reukwerk verbrand het, is aangestel vir al die werk met die allerheiligste voorwerpe, en om vir Israel versoening te doen net soos Moses, die dienskneg van God, beveel het.
50 Dit is Aäron se nageslag: Eleasar was sy seun;
dié se seun was Pinehas,
dié se seun Abisua,
51dié se seun Bukki,
dié se seun Ussi,
dié se seun Seragja,
52dié se seun Merajot,
dié se seun Amarja,
dié se seun Agitub,
53dié se seun Sadok,
en dié se seun Agimaäs.
Woonplekke van die Leviete
(Jos 21:5-39)
54 Dit is dan hulle woonplekke, volgens kampplekke, op hulle grondgebied:
Aan die nageslag van Aäron, dit is die familiegroep van Kehat – die eerste lot het immers op hulle geval – 55aan hulle is Hebron in die gebied van Juda gegee, asook die omliggende weiveld daarvan. 56 Die dorp se lande en gehuggies is egter aan Kaleb, seun van Jefunne, gegee.
57Aan die nageslag van Aäron is die volgende asielstede gegee: Hebron, Libna met sy weiveld, Jattir, Estemoa met sy weiveld, 58Giles met sy weiveld, Debir met sy weiveld, 59Asan met sy weiveld, Bet-Semes met sy weiveld.
60Uit die stam van Benjamin was dit Geba met sy weiveld, Alemet met sy weiveld, Anatot met sy weiveld.
Onder hulle familiegroepe was dit altesaam dertien dorpe.
61Aan die nageslag van Kehat, dié wat oorgebly het uit die familiegroep van die stam, is daar deur die lot tien dorpe aangewys uit die stamgebied van die halwe stam, die stam van Manasse.
62Aan die nageslag van Gersom is daar, volgens hulle familiegroepe, in Basan dertien dorpe aangewys uit die stamgebied van Issaskar, van Aser, van Naftali en van Manasse.
63Aan die nageslag van Merari is daar, volgens hulle familiegroepe, twaalf dorpe deur die lot aangewys uit die stamgebied van Ruben, van Gad en van Sebulon.
64 Die Israeliete het vir die Leviete die dorpe en hulle weiveld gegee. 65Hulle het deur die lot hierdie stede wat by die naam genoem word, aangewys uit die stamgebied van Juda se nageslag, uit dié van Simeon se nageslag en uit dié van Benjamin se nageslag.
66En wat die res van die familiegroepe van Kehat se nageslag betref – die dorpe van hulle grondgebied was uit die stamgebied van Efraim. 67Hulle het aan hulle die volgende asielstede gegee: Sigem met sy weiveld in die heuwelland van Efraim, Geser met sy weiveld, 68Jokmeam met sy weiveld, Bet-Goron met sy weiveld, 69Ajalon met sy weiveld, Gat-Rimmon met sy weiveld.
70Uit die halwe stam van Manasse se grondgebied was dit Aner met sy weiveld, en Bileam met sy weiveld aan die oorblywende familiegroep van die nageslag van Kehat.
71Aan die nageslag van Gersom is Golan in Basan, met sy weiveld, en Astarot met sy weiveld gegee uit die familiegroep van die halwe stam van Manasse se grondgebied.
72Uit die stamgebied van Issaskar was dit Kedes met sy weiveld, Daberat met sy weiveld, 73Ramot met sy weiveld, en Anem met sy weiveld.
74Uit die stamgebied van Aser was dit Masal met sy weiveld, Abdon met sy weiveld, 75Gukok met sy weiveld, en Regob met sy weiveld.
76Uit die stamgebied van Naftali was dit Kedes in Galilea met sy weiveld, Gammon met sy weiveld, en Kirjatajim met sy weiveld.
77Aan die nageslag van Merari wat oorgebly het, het hulle uit die stamgebied van Sebulon gegee Rimmono met sy weiveld, en Tabor met sy weiveld.
78Oorkant die Jordaan by Jerigo, aan die oostekant van die Jordaan, uit die stamgebied van Ruben, was dit Beser, in die woestyn, met sy weiveld, Jasa met sy weiveld, 79Kedemot met sy weiveld, en Mefaät met sy weiveld.
80Uit die stamgebied van Gad was dit Ramot in Gilead, met sy weiveld, Maganajim met sy weiveld, 81Gesbon met sy weiveld, en Jaser met sy weiveld.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid