1 KRONIEKE 10:4
1 KRONIEKE 10:4 Bybel vir almal (ABA)
Hy het vir sy wapendraer gesê: “Jy moet jou swaard neem en jy moet my doodsteek. Ek wil nie hê hierdie heidene moet my kom doodsteek en vir my lag nie.” Maar sy wapendraer wou dit nie doen nie, hy was bang. Toe neem Saul self sy swaard en hy val daarop. Die swaard het deur hom gesteek.
1 KRONIEKE 10:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Saul het aan sy wapendraer gesê: Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee; anders kom hierdie onbesnedenes en dryf die spot met my. Maar sy wapendraer wou nie, omdat hy baie bevrees was. Daarop neem Saul die swaard en val daarin.
1 KRONIEKE 10:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
en vir sy wapendraer gesê: “Trek jou swaard en steek my daarmee dood dat daardie heidene nie kom en my in oneer laat sterf nie.” Maar sy wapendraer wou nie, want hy was baie bang. Saul vat toe self die swaard en val daarin.
1 KRONIEKE 10:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Saul sê toe vir sy wapendraer: “Trek jou swaard en deurboor my daarmee, anders kom hierdie onbesnedenes en martel my.” Maar sy wapendraer wou nie, want hy was angsbevange. Toe vat Saul sy swaard en val daarin.
1 KRONIEKE 10:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Saul vir sy wapendraer: Trek jou swaard uit en steek my daarmee deur; dat hierdie onbesnedenes nie kom en my mishandel nie. Maar sy wapendraer wou nie; want hy was baie bang. Toe het Saul 'n swaard geneem en daarop geval.