PSALMS 104:6-9
PSALMS 104:6-9 AFR83
Die groot waters het die aarde soos 'n kleed oordek, die waters het bo-oor die berge gestaan. Maar toe U die waters aanspreek, het hulle gevlug, voor die krag van u stem het hulle die wyk geneem. Hulle het oor die berge gespoel en in die laagtes weggevloei na die plek toe wat U vir hulle bestem het. U het 'n grens gestel waaroor hulle nie mag gaan nie: hulle mag die aarde nie weer oordek nie.


