HOOGLIED 6:4-10

HOOGLIED 6:4-10 AFR83

“My liefling, jy is so mooi soos Tirsa, so aantreklik soos Jerusalem, so indrukwekkend soos 'n afdeling vaandeldraers. Draai jou oë liewer weg van my af, hulle maak my onrustig. Jou hare is soos 'n trop bokke wat teen die Gileadberge afkom. Jou tande is so wit soos 'n trop ooie wat nou net skoon gewas is, elkeen met 'n tweeling, nie een sonder 'n lam nie. Die versiersels op jou voorkop is soos granaatpitte agter jou sluier. “Daar is sestig koninginne, tagtig byvroue, jong vroue sonder tal, maar sy, my duif, my volmaakte, is enig, die enigste dogter van haar ma, haar ma se oogappel. Die jongmeisies kyk na haar; hulle praat met bewondering oor haar, die koninginne en die byvroue sing haar lof. “Wie is dit wat soos die daeraad verskyn, so pragtig soos die maan, so helder soos die son, so indrukwekkend soos 'n afdeling vaandeldraers?

Gratis leesplanne en oordenkings oor HOOGLIED 6:4-10

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid