RUT 3:10-13

RUT 3:10-13 AFR83

Hy sê toe: “Mag die Here jou seën, my dogter! Wat jy nou doen, naamlik dat jy agter geen jongman, arm of ryk, aanloop nie, is baie beter as die liefde wat jy aan die begin aan jou skoonma bewys het. Moet nou nie verder bekommerd wees nie, my dogter. Alles wat jy my vra, sal ek doen, want al die mense weet dat jy 'n goeie vrou is. Dit is waar dat ek jou losser is, maar nou is dit ook so dat daar 'n ander losser is wat nader familie is as ek. Slaap vannag hier. As hy dan môreoggend bereid is om as jou losser op te tree, goed, maar as hy nie wil nie, sal ek so seker as die Here leef, as losser optree. Bly hier tot môreoggend.”