Die tweede engel het toe op sy trompet geblaas. Iets soos 'n groot berg wat brand, is in die see gegooi. 'n Derde van die see het bloed geword, 'n derde van alles wat in die see lewe, het doodgegaan, en 'n derde van die skepe het vergaan. Toe het die derde engel op sy trompet geblaas. 'n Groot ster wat soos 'n fakkel brand, het van die hemel af geval. Hy het op 'n derde van die riviere en op die waterbronne geval. Die ster se naam is Bitterals. 'n Derde van die water het bitter geword, en baie mense het van die water doodgegaan omdat dit besmet was. Die vierde engel het toe op sy trompet geblaas. 'n Derde van die son en 'n derde van die maan en 'n derde van die sterre is getref, sodat 'n derde van hulle donker geword het. 'n Derde deel van die dag het nie lig gehad nie, en die nag ook nie. Toe het ek 'n arend hoog in die lug sien vlieg, en ek het hom met 'n harde stem hoor skreeu: “Wee, wee, wee die bewoners van die aarde wanneer die ander drie engele op hulle trompette gaan blaas.”
Lees DIE OPENBARING 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: DIE OPENBARING 8:8-13
28 Dae
Delf dieper deur Jesus se Openbaring aan Johannes. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Openbaring met insiggewende kommentaar op hierdie kragtige visioene wat steeds relevant is vir vandag. Jesus se boodskap is duidelik: “Ek kom gou!” Die seëls is gebreek, die trompette blaas, en die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Openbaring trek die gordyn oop vir ’n geestelike werklikheid waarin gelowiges geroep word om getrou te volhard as koninkryk van priesters vir God, ten spyte van die bose aanslag op hulle lojaliteit.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's