PSALMS 89:46-52

PSALMS 89:46-52 AFR83

U het sy jeugdige krag gebreek en hom diep verneder. Sela Sal U dan vir altyd u hulp weerhou, Here? Sal die vuur van u gramskap dan bly brand? Dink tog daaraan hoe kort die lewe is, hoe min daar in die lewe is vir al die mense wat deur U geskep is. Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat homself kan red uit die mag van die doderyk? Sela Waar is u liefde van vroeër, Here, wat U in u trou plegtig aan Dawid belowe het? Dink, Here, aan die smaad wat my aangedoen is, aan alles wat ek moes verduur van baie volke. Die mense van wie hierdie smaad kom, is u vyande, Here, dit is u gesalfde vir wie hulle smaad waar hy ook gaan.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 89:46-52

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid