PSALMS 86:1-7

PSALMS 86:1-7 AFR83

'n Gebed van Dawid. Luister tog na my, Here, verhoor my gebed, want ek is hulpeloos en arm. Beskerm my, want ek is u troue dienaar, red my, want U is my God, op U vertrou ek. Wees my genadig, Here, ek roep die hele dag deur na U. Maak my bly, Here, ek hunker na U. U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp. Luister na my gebed, Here, gee tog ag op my smeekgebed. Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor.