PSALMS 78:14-22

PSALMS 78:14-22 AFR83

Bedags het Hy hulle met 'n wolk gelei, snags met die lig van 'n vuur. Hy het rotse in die woestyn oopgekloof en soos by groot waterstrome almal se dors geles. Hy het water uit die rots laat stroom, dit soos riviere laat vloei. Maar hulle het aangehou om teen Hom te sondig; in die woestyn het hulle teen die Allerhoogste in opstand gekom. Hulle het God getart toe hulle kos gevra het na eie smaak en God uitgedaag het: “Kan God hier in die woestyn kos gee? Hy het wel teen 'n rots laat slaan en die waters het gevloei, spruite het gestroom; maar sou Hy ook brood kon gee en vleis aan sy volk kon voorsit?” Toe die Here dit hoor, het Hy kwaad geword; Hy het 'n vuur teen Jakob laat ontbrand, teen Israel sy toorn laat woed omdat hulle nie op God vertrou het en op sy hulp staatgemaak het nie.