PSALMS 75:7-9

PSALMS 75:7-9 AFR83

Verheffing kom nie uit die ooste of uit die weste of uit die woestyn nie! Nee, dit is God wat verneder of verhef, Hy is die regter! Daar is 'n beker in die hand van die Here. Dit is vol skuimende wyn met gif gemeng. Hy laat die goddeloses van die aarde daaruit drink; hulle moet selfs die afsaksel opdrink, die beker leegdrink.