want ek het die hooghartige goddeloses met afguns bejeën toe ek hulle voorspoed sien. Hulle het geen kwellings nie, hulle is sterk en gesond, hulle het nie sorge soos ander mense nie, hulle het nie teëspoed soos ander nie. Daarom hang die trots aan hulle soos 'n halssnoer en kleef geweld aan hulle soos 'n kleed. In die weelde van hulle voorspoed matig hulle hulle enigiets aan; smalend stook hulle kwaad, hooghartig dreig hulle met geweld. Hulle laster teen die hemel en beledig links en regs op die aarde. Tog hang die volk hulle aan en drink gretig hulle woorde in. Hulle vra: “Hoe sal God dit uitvind? Hoe sal die Allerhoogste dit weet?” Dit is hoe die goddelose mense is! So gaan hulle ongehinderd voort om rykdom op te hoop! Dat ek die kwaad vermy het en met 'n eed my onskuld verklaar het, het dus niks gehelp nie, want elke nuwe dag het vir my teenslae gebring en elke nuwe môre straf. Maar as ek so sou aanhou praat, sou ek dié verloën wat aan U behoort. Daarom het ek diep nagedink om dit te verstaan en was dit vir my bitter moeilik totdat ek in die heiligdom van God ingegaan en besef het wat die uiteinde van die goddeloses is.
Lees PSALMS 73
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 73:3-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's