Daarom het ek diep nagedink om dit te verstaan en was dit vir my bitter moeilik totdat ek in die heiligdom van God ingegaan en besef het wat die uiteinde van die goddeloses is. U laat hulle op gladde plekke loop, U laat hulle ondergaan deur hulle eie geknoei. In 'n oogwink word hulle iets afgrysliks, gaan hulle te gronde, tref 'n verskriklike einde hulle. Net soos 'n droom wat ophou as 'n mens wakker word, so verdwyn hulle, Here, as U ingryp. Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het, was ek dom en sonder insig; soos 'n redelose dier het ek my teenoor U gedra. Tog was ek nog altyd by U, want U vat my aan die hand. U lei my met u raad en aan die einde sal U my in ere by U opneem. Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd. Dié wat ver van U af is, gaan verlore, U vernietig dié wat aan U ontrou is. Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al u werke bly vertel.
Lees PSALMS 73
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 73:16-28
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's