PSALMS 71:17-18

PSALMS 71:17-18 AFR83

U het my van jongs af onderrig, o God, en ek getuig nou nog van u kragtige dade. Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie, o God, dat ek nog aan die geslagte wat kom, kan vertel van u werk en u mag.