PSALMS 69:6-9

PSALMS 69:6-9 AFR83

U weet hoe sondig ek is, o God, my verkeerde dade kan ek tog nie vir U wegsteek nie. Here, almagtige God, moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie. God van Israel, moenie dat dié wat by U hulp soek, deur my toedoen beskaam word nie. Omdat ek op U vertrou, word ek beledig en verkleineer. Ek het vreemd geword vir my broers, my familie wil my nie meer ken nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid