PSALMS 67:3-7

PSALMS 67:3-7 AFR83

sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word, sy reddende krag onder alle nasies. Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof! Mag die nasies bly wees en jubel omdat U hulle regverdig regeer en hulle op die aarde lei. Sela Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof! Die land het sy oes gelewer. God, ons God, het ons geseën.