PSALMS 51:14-19

PSALMS 51:14-19 AFR83

Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien. Dan sal ek oortreders leer wat U van 'n mens verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer. Red my van ondergang, o God, my Redder, dat ek kan jubel oor u verlossingsdaad. Here, gee my die woorde om u lof te verkondig. 'n Offer vra U nie, anders sou ek dit bring; 'n brandoffer wil U nie hê nie. Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal 'n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.