“Luister, my volk, Ek wil my saak stel, Ek wil teen jou getuig, Israel. Ek is God, Ek is jou God! Dit is nie omdat jy nie offer dat Ek rekenskap van jou eis nie; jou brandoffers is immers gedurig voor My. Ek wil geen jong bul uit jou stal hê of bokke uit jou krale nie, want al die diere in die bos is Myne, die wild op duisende berge. Ek ken al die voëls van die berge; al wat roer op die veld, is Myne. Ek sou jou nie vra as Ek honger sou kry nie, want die aarde en alles wat daarop is, behoort aan My. Eet Ek miskien die vleis van die bulle wat julle offer, of drink Ek die bloed van bokke? Lof is die offer wat jy aan God moet bring. Betaal jou geloftes aan die Allerhoogste. Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”
Lees PSALMS 50
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 50:7-15
7 Days
Stuff. So often our lives seem to be defined by what we own. How do we find balance with our belongings? Learn from others’ experiences and how they’ve seen God at work in this Bible Plan by finds.life.church.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's