'n Psalm van Asaf. Die Here is God, Hy alleen is God. Hy spreek, Hy roep die hele wêreld op, van waar die son opkom tot waar hy ondergaan. Uit Sion, stad van volmaakte prag, verskyn God in glans. Ons God kom, Hy bly nie stil nie. Voor Hom uit brand 'n vuur, rondom Hom woed 'n storm. Hy roep die hemel en die aarde op vir die saak teen sy volk: “Maak bymekaar dié wat aan My getrou is en met 'n offer 'n verbond met My gesluit het.” Die hemel getuig: “God is regverdig, en Hý is die regter.” Sela
Lees PSALMS 50
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 50:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's