PSALMS 36:1-6

PSALMS 36:1-6 AFR83

Vir die koorleier. Van Dawid, die dienaar van die Here. In die hart van die goddelose het die opstand teen God die laaste woord. Die goddelose het geen vrees vir God nie en praat net goed oor homself. Hy is altyd daarop uit om kwaad te doen en om te haat. As hy praat, is dit kwaadwillig en vals; verstandig wees en goed doen bestaan nie vir hom nie. Selfs as hy gaan lê, dink hy net kwaad uit; hy bly op 'n pad wat nie reg is nie; wat sleg is, verwerp hy nie. Here, u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid