PSALMS 31:9-20

PSALMS 31:9-20 AFR83

en my nie aan die mag van die vyand oorgelewer nie; U het my 'n veilige staanplek gegee. Wees my genadig, Here, want ek is in die nood; van verdriet het my oë swak geword, ja, alles in my. My lewe vergaan van kommer en my jare van swaarkry; deur my ellende word my krag geknak en teer my liggaam uit. Ek is die spot van al my teëstanders, veral van my bure, 'n verskrikking vir al my bekendes. Dié wat my op straat sien, vlug vir my. Ek is vergeet soos iemand wat lankal dood is, ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan. Ek hoor dreigemente van baie; dit dreig van alle kante af. Baie span teen my saam en smee planne om my lewe te neem. Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God. My tye is in u hand. Red my uit die hande van my vyande en vervolgers! Verskyn tog tot my redding, red my deur u onfeilbare liefde. Here, laat my nie teleurgestel staan in my verwagting as ek U aanroep nie. Laat die goddelose teleurgestel staan in hulle verwagting, laat hulle die stilte van die doderyk ingaan. Bring die leuenaars tot swye, dié wat vol is van hulleself en in hoogmoed en veragting teen die regverdige praat. Hoe groot is u goedheid: dit is altyd daar vir dié wat U dien, U bewys dit voor die oë van die mense aan dié wat by U skuil.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 31:9-20

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid