PSALMS 3:1-8

PSALMS 3:1-8 AFR83

'n Psalm van Dawid toe hy vir sy seun Absalom gevlug het. Ek het so baie vyande, Here! Baie kom in opstand teen my. Daar is talle wat van my sê: “Van God kom daar vir hom geen hulp nie!” Sela Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien. As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af. Sela As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my. Ek is nie bang vir tienduisende mense wat van alle kante af op my toesak nie. Kom tog, Here, help my, my God! U het nog altyd my vyande se mag verbreek, U het die aanval van die goddeloses afgeslaan.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid