Van Dawid. Laat reg aan my geskied, Here, want ek is onskuldig. Ek het op die Here vertrou en nie getwyfel nie. Toets my, Here, keur my, ondersoek my deur en deur. Ek laat my deur u liefde lei en ek lewe deur u trou. Ek hou my nie op met bedrieërs nie en met agterbakse mense gaan ek nie om nie. Ek vermy die geselskap van misdadigers en hou my nie op met goddeloses nie. As 'n onskuldige, Here, was ek my hande en draai ek na u altaar toe om my loflied te sing en van al u wonders te vertel.
Lees PSALMS 26
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 26:1-7
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's