Die Here is goed en regverdig: Hy wys selfs vir sondaars die pad aan, Hy laat aan hulpeloses reg geskied en Hy leer hulle sy pad. Liefde en trou is die paaie wat die Here bewandel met dié wat sy verbond en verordeninge bewaar. Ter wille van u Naam, Here, vergewe my my sonde, want dit is groot. As iemand die Here dien, leer Hy hom watter pad hy moet kies, sodat hy voorspoed sal geniet en sy nageslag die land sal bly bewoon. Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend. My oë is altyd op die Here gerig, want dit is Hy wat my voete uit die vangnet sal hou. Sien my in genade aan, Here, want ek is eensaam en verstote. Ek verkeer in die allergrootste nood; bevry my tog uit my ellende. Kyk hoe sleg gaan dit met my en hoe swaar kry ek. Vergewe tog al my sondes. Kyk hoe baie vyande het ek en hoe fel haat hulle my. Beskerm my en red my, laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek. Laat onskuld en opregtheid oor my die wag hou, want op U vertrou ek.
Lees PSALMS 25
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 25:8-21
4 dae
Dikwels word ons onverhoeds deur moeilike omstandighede in ’n hoek gedryf. Maar as daar een ding is wat ’n man moet onthou, is dit dít: Wanneer jy kragteloos voel omdat moeilike omstandighede jou kragte getap het, gee die Here weer nuwe veerkrag aan jou lewe. Vind nuwe krag en sterkte in God se beskerming saam met Johan Smit met hierdie 4-dag-plan, saamgestel uit sy bundel OP ARENDSVLERKE.
5 days
What is my purpose? What am I meant to do with my life? What is God's plan for me? These are all questions many of us ask at one point or another in our lives. We aim to answer some of these questions as we unpack what it is to step into your purpose. Join a few of our C3 College students as they shed some light on this topic.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's