PSALMS 25:16-20

PSALMS 25:16-20 AFR83

Sien my in genade aan, Here, want ek is eensaam en verstote. Ek verkeer in die allergrootste nood; bevry my tog uit my ellende. Kyk hoe sleg gaan dit met my en hoe swaar kry ek. Vergewe tog al my sondes. Kyk hoe baie vyande het ek en hoe fel haat hulle my. Beskerm my en red my, laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid