Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid. Here, dit is oor die openbaring van u mag dat die koning so bly is, dit is oor die oorwinning wat U hom gegee het, dat hy so jubel en juig. Die wens van sy hart het U vervul. Wat hy gevra het, het U hom nie geweier nie. Sela U skenk hom voorspoed en geluk, U plaas 'n goue kroon op sy kop. Lewe het hy van U gevra; U het hom dit gegee – 'n lang, lang lewe. Omdat U uitkoms gegee het, is hy hoog in aansien, met roem en eer het U hom oorlaai. U maak hom altyd voorspoedig, U skenk hom oorvloedige blydskap deur u nabyheid.
Lees PSALMS 21
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 21:1-7
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's