PSALMS 145:1-13

PSALMS 145:1-13 AFR83

'n Loflied van Dawid. Ek wil u lof verkondig, my God en Koning, ek wil u Naam altyd loof. Elke dag wil ek U loof, ek wil u Naam altyd prys. Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik. Geslag na geslag prys wat U doen en vertel van u magtige dade, van die luister, die heerlikheid van u majesteit. Ek wil getuig van u magtige dade, sodat die mense oor u wonderdade sal praat. Ek wil van u grootheid vertel. Sonder ophou moet hulle u groot goedheid verkondig en oor u reddingsdade jubel. Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde. Die Here is vir almal goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het. Almal wat deur U geskep is, loof U, Here, en u troue dienaars prys U! Hulle vertel van u koninklike mag en getuig van u groot krag. Die mense moet weet van sy krag, van sy koninklike mag en majesteit. U koningskap is 'n koningskap vir alle tye, u heerskappy strek oor die geslagte heen.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 145:1-13

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid