PSALMS 144:1-3

PSALMS 144:1-3 AFR83

Van Dawid. Geloof sy die Here, Hy is my rots. Hy leer my hande om oorlog te maak, my vingers om te veg. U is my krag en my skuilplek, my veilige vesting en my redder, my beskermer by wie ek skuil, wat my volk aan my onderdanig maak. Here, wat is 'n mens dat U hom sou wil ken, 'n mensekind dat U aan hom sou dink?