PSALMS 12:1-8

PSALMS 12:1-8 AFR83

Vir die koorleier: met basstem. 'n Psalm van Dawid. Help tog, Here, want daar is geen vrome meer nie, daar is geen betroubare mens meer oor nie. Die mense bedrieg mekaar; hulle mislei mekaar met vleitaal. Die Here sal al die vleitaal uitroei en die grootpratery van die mense wat sê: “In ons tong lê ons krag. Ons lippe help ons. Ons buig vir niemand nie.” Maar die Here sê: “Die swakkes word mishandel en die armes kla. Daarom gryp Ek nou in en gee uitkoms aan dié wat daarna smag.” Daar is niks vals in wat die Here sê nie. Sy woorde is soos silwer wat oor en oor in 'n oond gesuiwer is. U, Here, hou oor ons wag. U sal ons vir altyd teen sulke mense beskerm

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 12:1-8

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid