Onthou tog u woord aan my, die woord waarop U my laat hoop het. Dit is my troos in my ellende: dat u belofte my in die lewe hou. Ek moes die felle spot van hovaardige mense verduur, maar van u wet het ek nie afgewyk nie. Ek onderhou u bepalings van altyd af, Here: dit gee my vertroue. Ontsteltenis het my oorval oor die goddeloses wat u wet verontagsaam. U voorskrifte is vir my 'n lied in my lewe hier op aarde. Selfs in die nag dink ek aan U, Here, en is ek gehoorsaam aan u wet. Om u bevele uit te voer, is vir my die lewe. Ek het gesê: “Dít is my lewe, Here, om u woord te gehoorsaam.” Ek smeek U met my hele hart: “Wees my genadig, soos U beloof het. Ek het die koers van my lewe oordink en na u verordeninge teruggekeer. Ek talm nie, ek haas my om u gebooie te onderhou.” Die goddeloses wou my in hulle strikke kry, maar ek het u wet nie verontagsaam nie. Selfs in die middel van die nag staan ek op om U te loof vir u regverdige bepalings. Ek is 'n vriend van almal wat U dien en u bevele gehoorsaam. Die aarde is vol van u troue liefde, Here. Leer my u voorskrifte. U het aan my goed gedoen, Here, soos U beloof het. Gee my goeie insig en kennis, want ek stel my vertroue in u gebooie. Voordat ek swaargekry het, het ek gedwaal, maar nou hou ek my aan u woord. U is goed en U doen goed; leer my u voorskrifte. Hovaardige mense beswadder my, maar ek voer u bevele uit met my hele hart. Hulle staan koud teenoor u wet, maar ék verlustig my daarin. Dit is vir my goed dat ek swaargekry het, want daardeur het ek u voorskrifte geleer. U wet is vir my kosbaarder as 'n oorvloed van goud en silwer.
Lees PSALMS 119
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 119:49-72
5 Days
In what ways has the Bible changed your life? When life hits us hard, we find direction and solace in Scripture. But what if the Bible was not in your language? That’s the reality for 1 billion people today. Join this 5-day plan where you can partner your Scripture reading with simple and effective ways to pray for people without the Bible.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's