PSALMS 119:49-56

PSALMS 119:49-56 AFR83

Onthou tog u woord aan my, die woord waarop U my laat hoop het. Dit is my troos in my ellende: dat u belofte my in die lewe hou. Ek moes die felle spot van hovaardige mense verduur, maar van u wet het ek nie afgewyk nie. Ek onderhou u bepalings van altyd af, Here: dit gee my vertroue. Ontsteltenis het my oorval oor die goddeloses wat u wet verontagsaam. U voorskrifte is vir my 'n lied in my lewe hier op aarde. Selfs in die nag dink ek aan U, Here, en is ek gehoorsaam aan u wet. Om u bevele uit te voer, is vir my die lewe.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 119:49-56

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid