PSALMS 119:38-46

PSALMS 119:38-46 AFR83

Vervul ook aan my die belofte wat U gegee het aan dié wat U dien. Die venyn van mense, daarvoor is ek bang, moenie dat dit my tref nie. Maar u bepalings, dié is goed. Ek wil u bevele nakom. Hou my in die lewe, want U is getrou. Bewys aan my u troue liefde, Here, red my volgens u belofte. Dan sal ek dié wat my vals beskuldig, kan antwoord, want ek vertrou op u woord. Weerhou my tog van alles wat onwaar is. In u bepalings stel ek my vertroue. Ek wil u wet my hele lewe lank onderhou. My lewe sal veilig wees, want ek vra steeds wat u bevele is. Selfs voor die hoogste gesag sal ek u verordeninge met vrymoedigheid aanhaal.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid