PSALMS 119:153-160

PSALMS 119:153-160 AFR83

Aanskou tog my ellende en red my, want u wet het ek nie verontagsaam nie. Behartig tog my saak en bevry my, hou my in die lewe volgens u belofte. Vir die goddeloses is daar nie uitkoms nie, want hulle steur hulle nie aan u voorskrifte nie. U barmhartigheid is groot, Here, laat u bepalings geld, hou my in die lewe. Ek het baie vervolgers en teëstanders, maar van u verordeninge wyk ek nie af nie. Ek het die verraad van die ontroues gesien, en dit het my met walging vervul dat hulle u woord nie gehoorsaam nie. Neem tog in ag dat ek u bevele liefhet, Here, hou my in die lewe omdat U my liefhet. Op u woord kan 'n mens hom geheel en al verlaat. Al u bepalings is regverdig. Hulle staan vas.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 119:153-160

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid