Ek roep na U met my hele hart, verhoor tog my gebed, Here, ek wil u voorskrifte nakom. Ek roep na U, red my, ek wil u verordeninge gehoorsaam. In die oggendskemer al roep ek om hulp en stel ek my vertroue in u woord. Die hele nag lê ek wakker en oorpeins ek u woord. Handel volgens u liefde, Here, luister tog na my. Laat u bepalings geld, hou my in die lewe. Dié wat my met soveel lis vervolg, kom steeds nader, maar van u wet af bly hulle ver. U is by my, Here, alles wat U gebied het, staan vas. Van lankal af weet ek van u verordeninge dat U hulle altyd vas laat staan. Aanskou tog my ellende en red my, want u wet het ek nie verontagsaam nie. Behartig tog my saak en bevry my, hou my in die lewe volgens u belofte. Vir die goddeloses is daar nie uitkoms nie, want hulle steur hulle nie aan u voorskrifte nie. U barmhartigheid is groot, Here, laat u bepalings geld, hou my in die lewe. Ek het baie vervolgers en teëstanders, maar van u verordeninge wyk ek nie af nie. Ek het die verraad van die ontroues gesien, en dit het my met walging vervul dat hulle u woord nie gehoorsaam nie. Neem tog in ag dat ek u bevele liefhet, Here, hou my in die lewe omdat U my liefhet. Op u woord kan 'n mens hom geheel en al verlaat. Al u bepalings is regverdig. Hulle staan vas.
Lees PSALMS 119
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 119:145-160
5 Days
In what ways has the Bible changed your life? When life hits us hard, we find direction and solace in Scripture. But what if the Bible was not in your language? That’s the reality for 1 billion people today. Join this 5-day plan where you can partner your Scripture reading with simple and effective ways to pray for people without the Bible.
10 dae
Soms kort jy net die regte woorde om jou gesprek met jou Vader te begin. Hierdie 10 gebede sal jou help om die regte woorde te vind voordat jy self verder uit jou hart uit bid, of jy stil by die Here wil sit, of as ’n groep in gesprek met God wil tree. Hierdie gebede is saamgestel uit die gebedeboek GEBEDE OM JOU HART TE SEËN.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's