PSALMS 106:43-48

PSALMS 106:43-48 AFR83

Talle kere het die Here sy volk gered, maar hulle het opstandig gebly en dieper in hulle sonde weggesink. Tog het Hy sy oë nie vir hulle nood gesluit nie; Hy het hulle smeekgebede verhoor. Ter wille van hulle het Hy aan sy verbond gedink, en in sy groot liefde was Hy genadig. Hy het hulle medelye laat vind by dié wie se gevangenes hulle was. Red ons, Here ons God, maak ons bymekaar tussen die volke uit, dat ons u heilige Naam kan loof en ons in u lof kan verheug. Aan die Here die God van Israel kom die lof toe tot in die allerverste toekoms. Die hele volk moet sê: “Amen! Prys die Here!”