PSALMS 105:1-11

PSALMS 105:1-11 AFR83

Loof die Here! Roep Hom aan! Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het. Sing liedere, sing tot sy eer, vertel van al sy magtige dade. Roem sy heilige Naam, laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees. Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel, julle, nageslag van Abraham sy dienaar, nakomelinge van Jakob vir wie Hy uitverkies het. Hy, die Here, is ons God; sy reddingsdade strek oor die hele aarde. Hy hou sy verbond altyd in stand, die belofte wat Hy aan duisende geslagte toegesê het, die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, sy eed aan Isak. Hy het dit vir Jakob bevestig as 'n vaste toesegging, vir Israel as verbond wat altyd sal bestaan. Hy het gesê: “Ek gee Kanaän vir jou as grondgebied en eiendom.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 105:1-11

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid