Wysheid het vir haar 'n huis gebou met sewe klippilare. Sy het geslag en wyn reggesit, sy het haar tafel gedek en haar bediendes na die stad toe gestuur om van die hoogste plek af te roep: “Kom hiernatoe, almal wat nog moet leer!” En vir dié wat kennis kortkom, het sy gesê: “Kom eet by my, kom drink van die wyn wat ek reggesit het! Neem afskeid van die onkunde, dat julle kan lewe, kom op die pad van die insig!” Wie iemand so opvoed dat hy 'n ligsinnige mens word, moet die verwyt daarvoor dra; wie iemand so leer dat hy 'n goddelose word, doen dit tot sy eie skande. Moenie 'n ligsinnige mens probeer opvoed nie, hy sal jou daarvoor haat. Voed 'n wyse op, en hy sal lief wees vir jou. Gee jou aandag aan 'n wyse mens, en hy kry meer wysheid, leer 'n regverdige, en sy kennis vermeerder. Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig. As jy wysheid het, sal jy lank lewe, jou lewensjare sal vermeerder word. As jy wysheid het, het jy self die voordeel daarvan; as jy 'n ligsinnige mens is, dra jy alleen die las.
Lees SPREUKE 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 9:1-12
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's