Die oë van 'n man wat met sy vader spot en vir wie dit benede hom is om sy moeder te gehoorsaam, sal uitgepik word deur die kraaie, opgevreet word deur die roofvoëls. Daar is drie dinge, nee, vier wat bo my begrip is, wat ek nie verstaan nie: hoe 'n aasvoël in die lug bly, hoe 'n slang teen 'n rots op seil, hoe 'n skip op die diepsee vaar en hoe die liefde tussen 'n man en 'n meisie werk. Die ontroue vrou het haar eie manier: sy eet en vee haar mond af en sê: “Ek het niks verkeerds gedoen nie.” Daar is drie, nee, vier wat die lewe ondraaglik maak, wat onuitstaanbaar is: 'n slaaf nadat hy koning geword het, 'n ongemanierde sot nadat hy hom vol geëet het, 'n vrou wat eers nie 'n man kon kry nie en toe tóg getroud is, en 'n slavin nadat sy haar eienares se plek ingeneem het. Daar is vier goed in die wêreld wat klein is maar buitengewone wysheid het: miere is nie sterk nie en tog sit hulle in die somer vir hulle kos weg; dassies het nie veel krag nie en tog maak hulle hulle tuis teen die kranse; sprinkane het nie 'n koning nie en tog trek die hele swerm in formasie; 'n geitjie kan jy met die hand vang en tog kry jy hom in koninklike paleise. Daar is drie, nee, vier wat statig stap, wat 'n statige houding het: 'n leeu, die magtigste van al die diere, wat vir niks stuit nie; 'n spoghaan; 'n bokram; en 'n koning met sy leër by hom. As jy verwaand opgetree en jou aangestel het, of as jy slegte bedoelings het, hou op daarmee. As jy melk karring, kom daar botter; as jy iemand op die neus slaan, kom daar bloed uit; as jy mense kwaad maak, kom daar rusie.
Lees SPREUKE 30
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 30:17-33
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's