Die goddelose hardloop weg al jaag niemand hom nie; die regverdiges het die moed van 'n leeu. As daar opstand is in 'n land, is daar baie wat na mag gryp; as daar iemand met wysheid en kennis is, bly hy lank aan die bewind. 'n Man wat self arm is en arm mense uitbuit, is soos 'n reën wat alles verspoel, sodat daar niks te ete oorbly nie. Wie die wet van die Here verontagsaam, praat met lof van goddelose mense; wie die wet onderhou, beveg hulle. Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie; dié wat na die wil van die Here vra, het 'n goeie begrip van alles. Liewer arm wees en eerbaar lewe as oneerlik lewe en ryk wees. 'n Verstandige seun hou hom aan die wet van die Here; as die seun maats maak met mense wat vir niks eerbied het nie, bring hy skande oor sy vader. Wie groot rykdom versamel deur mense uit te buit, versamel dit vir iemand wat hom oor arm mense sal ontferm. As iemand hom doof hou vir die wet van die Here, sal die Here 'n afsku hê van so 'n man se gebed. Wie eerlike mense mislei sodat hulle die verkeerde pad loop, sal self in die gat val wat hy gegrawe het; die opregte sal voorspoed geniet. 'n Ryk man kan dink hy het die wysheid in pag, maar 'n arm mens met insig sien deur hom. As regverdiges rede tot blydskap het, praat almal met trots daaroor, as goddelose mense aan die bewind kom, kruip die mense weg. Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang. Dit gaan goed met 'n mens wat altyd versigtig is; maar iemand wat moedswillig is, sal ondergaan.
Lees SPREUKE 28
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 28:1-14
1 Week
Learn what the Bible says about boldness and confidence. The "Courage" Reading Plan encourages believers with reminders of who they are in Christ and in God's kingdom. When we belong to God, we're free to approach Him directly. Read again – or maybe for the first time – assurances that your place in God's family is secure.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's