SPREUKE 25:11-15

SPREUKE 25:11-15 AFR83

Goue appels wat in silwer gemonteer is, so is die regte woord op die regte tyd. 'n Goue ring, goue juwele, so is die wyse vermaning vir wie wil luister. Soos die verkoeling wat in die oestyd deur sneeu gebring word, so is 'n betroubare gesant vir dié wat hom gestuur het; hy gee dié in wie se diens hy staan, nuwe moed. Miswolke en wind, maar geen reën nie, so is iemand wat spog met wat hy sal gee en dit nooit gee nie. Met geduld kan iemand in 'n magsposisie tot ander insigte gebring word; met 'n versigtige benadering word weerstand afgebreek.

Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 25:11-15

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid